Tuis 2017-07-30T23:35:32+00:00

STRAND SEEKOS-RESTAURANTE

Eet soveel jy wil – of kan!

Hoe werk dit? Die 16 disse van die nege gange word op oop vure voor jou voorberei en as ‘n rollende buffet voorgesit.

De Vette Mossel bied veel meer as bloot perfek-voorbereide seekos – hierdie is ‘n ervaring – in ongewone en informele omstandighede – met tradisionele Kaapse visser kultuur – in ware Weskusstyl. Of dit nou op ‘n ongerepte strand langs die Kaapse Tuinroete is of op een van ons seestrande diep in die binneland.

Die uitstekende voorbereiding van goeie gehalte seekos, in oorvloed, en waarde vir geld, is ons erns.

Hier kuier jy gesellig saam met vriende (oues en nuutgevondes). Niemand jaag jou aan nie. Ontspan, ons eet amper drie ure lank. En onthou, niks raak ooit op nie – die ergste wat kan gebeur is dat nog op pad is!

Moet nie handgesnyde kristal glase of silwer eetware verwag nie! Ons is op die strand en maak soos ons maak langs die Weskus.

“Die enigste manier om seekos werklik te geniet, is in oorvloed, top-gehalte seekos, perfek gaargemaak, sand onder die voete, tussen vriende en met ‘n glas goeie Kaapse wyn in die hand.”

“Die enigste manier om seekos werklik te geniet, is in oorvloed, top-gehalte seekos, perfek gaargemaak, sand onder die voete, tussen vriende en met ‘n glas goeie Kaapse wyn in die hand.”

Spyskaart

En natuurlik deurentyd potbrood, wat die hele tyd net daar gebak word - met plaasbotter en konfyt. (Pasop vir hom – die lekkerte daarvan gaan jou verlei!) Feitlik al die disse word net daar, voor jou, op oop vure voorberei – dit waarborg van-die-rooster-af-vars seekos – soos dit hoort!

Geregte:

1. Mosselvleis gebraai met uie, handevol knoffel en plaasbotter, mossels-in-skulp gestoom in uie en wyn
2. Weskus-snoek en soet-soetpatats – Weskus styl
3. Seekospot met 4 soorte vis, massas kalamari, mossels, en kilogramme skoongemaakte garnaalsterte;
 rys (vir die wat die sousies wil opvang) mengslaai(Ons praat nie graag oor slaai nie);
 groentedis met melk en kaas (tot Karoo-boere eet van hom)
4. Vleispotjie (vir diegene wat nie eintlik seekos eet nie)
5. Vangs v/d dag – met uie en botter/olyfolie- die sjef sal sê;
6. Weskus Kreef/ Prawns – addisioneel (vir die wat bestel het)
7. Kalamari steak – met uie gebak in botter/olyfolie (Dis hoe hy eintlik moet smaak)
8. Waatlemoen en spanspek of Tropiese Vrugte (gly in jou keel af)
9. Koffie en koeksisters – soet na die sout (sorry –we do not do tea)

Geregte:

1. Mosselvleis gebraai met uie, handevol knoffel en plaasbotter;
Mossels-in-skulp gestoom in uie;

2. Weskus-snoek en soet-soetpatats – Weskus styl;

3. Seekospot met 4 soorte vis, massas kalamari, mossels, en kilogramme skoongemaakte garnaalsterte;
Rys (Vir die wat die sousies wil opvang) 
Tuinslaai – (Ons praat nie graag oor slaai nie);
Groentedis met melk en kaas. (Tot Karoo-boere eet van hom.)

4. Vleispotjie (Vir diegene wat nie eintlik seekos eet nie.);

5. Vangs v/d Dag – met uie en botter/olyfolie. Die sjef sal sê;

6. Weskus Kreef/ Prawns – addisioneel (Vir die wat bestel het. Net as jy homself uitgehaal het, is hy varser);

7. Kalamari steak – met uie gebak in botter/olyfolie. (Dis hoe hy eintlik moet smaak);

8. Waatlemoen en spanspek of Tropiese Vrugte (Gly in jou keel af)

9. Koffie en koeksisters – soet na die sout; (Sorry – we do not do tea!)

TROUES EN FUNKSIES

‘n Troue op die strand net ‘n droom?

Verseël jou liefde op ‘n ongerepte strand langs die see, of op enige van ons seestrande in die middel van Suid-Afrika! Ons glo dat De Vette Mossels met hul uitsonderlike liggings, uitstaande menu, ons unieke karakter en manier van dinge doen, is waarskynlik die mees merkwaardige Strandtrou-venues in Suid-Afrika.

Ons spesialiseer ook in funksies en leen tot verbeeldingryke temas – seerowers, “Beach Party”, Hawaii, “Fun on the Beach”, ens. Die restaurante kan tussen 150 en 600 gaste akkommodeer.

GESTIG    DESEMBER 2004

WIE’S ONS?
WAAR HET DIT BEGIN?

In Desember 2004 het eienaar Niël du Bois sy hart gevolg, sy kreatiewe gees vrye teuels gegee, blindelings ingespring en gedoen wat baie mense net van droom – om ‘n informele restaurant erens op ‘n afgesonderde strand oop te maak. Waar net die heel beste seekos voorgesit en geniet word in ‘n spartaanse omgewing – net soos langs die Weskus.

Die eerste De Vette Mossel Strand Seekosrestaurant was gebore – op ‘n ongeskonde en afgesonderde strand by Grootbrakrivier naby Mosselbaai.
Te danke aan volgehoue en gewaardeerde ondersteuning van nuutgevonde Mossel-vriende, het De Vette Mossel gegroei en gegroei. Vir Niël is die De Vette Mossel nog steeds soos ‘n vakansie – kaalvoet langs een van die mooiste strande in Suid-Afrika, die blye weersiens van ou Mossel-vriende en die maak van nuwe vriende – elke dag.

Sedert Oktober 2012 jy kan ook jou skoene uitskop by die tweede De Vette Mossel op ons Bosveld-seestrand by Hartbeespoortdam, Gauteng, ‘n jaar later ook by ons stukkie seeparadys in die Vrystaat, die De Vette Mossel @ Parys, en vandag ook by Nelspruit in Mpumalanga.

GROOTBRAK    HARTIES    PARYS  NELSPRUIT

Besoek asb elk van die vier De Vette Mossels se eie webblaaie vir meer besonderhede oor die spyskaart, eetsessies, aanwysings, kontakbesonderhede ens.

Besoek ‘n De Vette Mossel naby jou!

GESTIG    DESEMBER 2004

WIE’S ONS?
WAAR HET DIT BEGIN?

In Desember 2004 het eienaar Niël du Bois sy hart gevolg, sy kreatiewe gees vrye teuels gegee, blindelings ingespring en gedoen wat baie mense net van droom – om ‘n informele restaurant erens op ‘n afgesonderde strand oop te maak. Waar net die heel beste seekos voorgesit en geniet word in ‘n spartaanse omgewing – net soos langs die Weskus.

Die eerste De Vette Mossel Strand Seekosrestaurant was gebore – op ‘n ongeskonde en afgesonderde strand by Grootbrakrivier naby Mosselbaai.
Te danke aan volgehoue en gewaardeerde ondersteuning van nuutgevonde Mossel-vriende, het De Vette Mossel gegroei en gegroei. Vir Niël is die De Vette Mossel nog steeds soos ‘n vakansie – kaalvoet langs een van die mooiste strande in Suid-Afrika, die blye weersiens van ou Mossel-vriende en die maak van nuwe vriende – elke dag.

Sedert Oktober 2012 jy kan ook jou skoene uitskop by die tweede De Vette Mossel op ons Bosveld seestrand by Hartbeespoortdam, Gauteng, ‘n jaar later ook by ons stukkie seeparadys in die Vrystaat, die De Vette Mossel @ Parys, en vandag ook by Nelspruit in Mpumalanga en Klerksdorp in Noordwes.

GROOTBRAK    HARTIES    PARYS  NELSPRUIT

Besoek asb elk van die vier De Vette Mossels se eie webblaaie vir meer besonderhede oor die spyskaart, eetsessies, aanwysings, kontakbesonderhede ens.

Besoek ‘n De Vette Mossel naby jou!

GROOTBRAK, MOSSELBAAI

BY DIE SEE

BESOEK GROOTBRAK

HARTIES, HARTBEESPOORTDAM

LANGS DIE DAM

BESOEK HARTIES

PARYS

DIE DORP VAN KOS

BESOEK PARYS

NELSPRUIT

IN DIE LAEVELD

BESOEK NELSPRUIT